
=====================================================================
Staande ovasie vir Afrikaans (AV 7:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

Staande ovasie vir Afrikaans

---------------------------------------------------------------------

Daniel Hugo beskryf 'n ongewone reis en die man daaragter.

STEL u voor: 'n uitgelese Nederlandse gehoor van plus-minus 200 mense staan op om hande te klap vir vyf oorblufte digters uit Afrika. Dit 
gebeur op 'n herfsterige Maandagaand begin November 1999 in 'n ouditorium van die Rijksmuseum in Amsterdam. Die gehoor het betaal om na 'n 
vreemd-bekende, eksotiese taal te kom luister. En sekerlik ook om die omstrede maar geliefde seremoniemeester in lewende lywe te sien 
optree.

Laat ek die sprokie van voor af begin. Eendag is daar in 'n klein, moerassige landjie 'n wonderkind gebore. Sy naam was Gerrit Komrij. 
Anders as sy maats het hy nie belang gestel om sokker te speel nie; nee, hy het ure aaneen gelees op 'n muwwe, maar knusse solder. Gou het 
hy naam gemaak as digter, romanskrywer, dramaturg, essayis en gevreesde kritikus. Sy gedugste stuk werk was egter die driedelige De 
Nederlandse pozie van de twaalfde tot en met de twintigste eeuw in 3000 en enige gedichten. Dit het verskyn tussen 1979 en 1994 en is 'n 
ongewenaarde prestasie in die Nederlandse literatuurgeskiedenis. Nog nooit voorheen het n mens elke gedig gelees wat die afgelope 900 
jaar in Nederlands geskryf is  en dit oorleef nie.

Die wonder het nie daar geindig nie. Hy het nog die energie en entoesiasme oorgehad om 'n vierde deel by die reeks te voeg: De Afrikaanse 
pozie in duizend en enige gedichten. En dit het hom slegs twee jaar gekos om elke Nederlandse en Afrikaanse gedig te lees wat sedert 1652 
in of oor Suid-Afrika geskryf is. Ook dit het hy oorleef. Komrij se bloemlesing is die omvangrykste (1 180 bladsye), omvattendste (1652  
1998) en mees demokratiese bloemlesing wat ooit uit ons posie saamgestel is. Met demokraties bedoel ek dat hy sy net wyd uitgegooi het. En 
daarin het hy gekanoniseerdes n onbekendes, Standaardafrikaans- n dialekskrywers, ivoortoring- n versetsdigters opgevang. Die bundel 
bied terselfdertyd 'n boeiende blik op die ontwikkeling van die Afrikaanse taal.

Dit open met sewentiende-eeuse Nederlands, wat geleidelik oorgaan in Kaaps-Hollands en dan in Afrikaans mt al sy verskyningsvorme: 
Standaard, Oranjerivier-Afrikaans, Karoo-Afrikaans, township-Afrikaans, Kaaps, ensovoorts. Die bundel gee ook 'n illustrasie van die 
ontwikkeling van Afrikaans as skryftaal, aangesien hy die gedigte konsekwent in die oorspronklike spelling afdruk.

Saam met die bloemlesing ontvang die Nederlandse koper 'n gratis boekie met die bespreking van 10 Afrikaanse gedigte en 'n woordelys: 
"Afrikaans in duizend en enige woorden". Die gedigbesprekings is geneem uit Komrij se weeklikse rubriek in die NRC Handelsblad, waarin hy 
Nederlandse n Afrikaanse gedigte vir 'n bre publiek toeganklik maak.

Ter viering van die verskyning van hierdie monumentale werk het Gerrit Komrij vyf digters uit Suid-Afrika op 'n "toernooi" van tien dae na 
Nederland en Belgi geneem. Alles op die onkoste van Uitgewery Bert Bakker  in 'n sprokie kan daar meer as een wonder gebeur! Die digters 
wat deur die heer Komrij uitverkies is, was  in volgorde van senioriteit  Wilma Stockenstrm, Hennie Aucamp, Marius Titus, Daniel Hugo en 
Charl-Pierre Naud.

Op Schiphol is ons ingewag deur Gerrit Komrij en Chris ten Kate, die hoof van die uitgewery, met die verstommende nuus dat die eerste 
oplaag van 10,000 eksemplare uitverkoop is en dat 'n tweede druk bestel is. Die sprokie duur maar voort! Van daar is ons na Leiden, waar 
Gerrit drie maande lank gasdosent by die universiteit was. En sy doseer-onderwerp: die Afrikaanse digkuns. Ons eerste "verpligting" was 'n 
gemoedelike, informele aand saam met sy studente. 'n Paar dae n ons aankoms is die nuus in die media bekend gemaak dat Komrij 'n 
eredoktorsgraad van die Universiteit van Leiden gaan ontvang. Omdat hy in sy vrye tyd meer gedoen het vir die literatuurstudie as die 
meeste akademici in 'n lewenslange professionele hoedanigheid! Di verering is nog merkwaardiger as 'n mens in gedagte hou dat Komrij nooit 
sy voorgraadse universitre studie voltooi het nie!

Die amptelike begin van die toernooi in die barokke Bourla-teater van Antwerpen sou 'n mens seker kon beskryf as 'n literre sirkus. Elke 
digter het voorgelees uit sy werk, nadat Komrij hom/haar op sy pseudo-domineestrant voorgestel het. Ons senuagtige erns is halfweg 
omvergewerp deur die Vlaamse skrywer en "performer" Tom Lanoye se skreeusnaakse aanbieding van die anonieme Die Durbanse Poepwedstryd. 'n 
Welgeklede Vlaamse mevrou het tydens die voordrag die saal verlaat. Di demonstrasie van preutsheid het ons onmiddellik tuis laat voel. Die 
oorgeblewe skokbestande gehoor het daarna veral Marius Titus se Kaapse verse en gebare geniet.

Vervolgens het ons by die massiewe Antwerpse Boekebeurs opgetree, by boekwinkels in Tilburg, Groningen, Utrecht en ten slotte in Amsterdam 
voor die gehoor met die staande ovasie. Met kenmerkende Komrij-ironie het ons voorsitter die verrigtinge s geopen: "Dames en Here, voor u 
sien u vyf digters uit Suid-Afrika. Wat was hulle verbasing groot toe hulle hier aanland en moes ontdek dat in 'n verre uithoek van Europa 
word daar 'n variant van Afrikaans gepraat." By elkeen van di optredes het hy ook gewys op die enorme skade wat die kulturele boikot van 
die sewentiger- en tagtigerjare aan die verhoudinge tussen Nederlandssprekendes en Afrikaanstaliges gedoen het. Wat hy nie ges het nie, 
maar wat almal goed verstaan het, is dat sy bloemlesing uit ons posie 'n grootse gebaar van toenadering en versoening is. 'n Gebaar wat 
gretig deur 'n tienduisend of wat Nederlanders en Vlaminge beaam is.

Intussen het die nuus bekend geword dat Gerrit Komrij uitgeroep is tot die allereerste hofdigter van Nederland, die "Dichter des 
Vaderlands". Met sy De Afrikaanse pozie in duizend en enige gedichten het hy vir hom 'n tweede vaderland verwerf. In ons koninglose, 
strydbehepte, demokratiese bestel noem ons hom sommer Comrade Komrij of Bra Gerrit. Groter respek kan ons nie aan iemand betoon nie. n 
Daniel Hugo, digter, vertaler en radio-omroeper, bied etlike besprekingsprogramme oor boeke op Radio Sonder Grense aan.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7221.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 2000 /// Gee kans! Afrikaans se saak groei wreldwyd (AV 7:2) /// 
Trust het miljoene geskenk (AV 7:2) /// Kursus in Afrikaans (AV 7:2) /// Limeriek I (AV 7:2) /// 'Kom ons lees en laat lees' (AV 7:2) /// 
Limeriek II (AV 7:2) /// Vroeg in nuwe eeu (hoofartikel) (AV 7:2) /// In memoriam Ds. Flip van der Westhuizen (AV 7:2) /// Sebrastrepe s 
hul s vir Afrikaans (AV 7:2) /// Oor Afrikaans klap woord en weerwoord (AV 7:2) /// Tyd van liefh het aangebreek (AV 7:2) /// Man met 
swart baret se woorde rinkink (AV 7:2) /// 'Losing my religion' (AV 7:2) /// Taalslordigheid berokken skade (AV 7:2) /// Limeriek III (AV 
7:2) /// 'Etse! Tjeend gaan met grrawater uit!' (AV 7:2) /// Dans uit vergange se dae (AV 7:2) /// Nergensland (AV 7:2) /// Nag vol 
feeste! (AV 7:2) /// Duitser berig in Afrikaans uit Europa (AV 7:2) /// Staande ovasie vir Afrikaans (AV 7:2) /// Duitse toewyding 
toegespits op Afrikaans (AV 7:2) /// Ambassade reik kosbare CD uit (AV 7:2) /// 'Bubbelbad' borrel (AV 7:2) /// Waar's daai gogga? (AV 7:2) 
/// Wind van voor is niks nuuts nie (AV 7:2) /// Afrikaans en die jeug (AV 7:2) /// Hoe praat jy met tieners? (AV 7:2) /// Onthou om nie te 
vergeet nie (AV 7:2)

